R340.00
Dit is die verskyning van die slang wat die duiwel losgelaat het. Tog het die moeilikheid reeds vroeër begin …
Adriaan Botha, losloper-argitek, besluit om die land te verlaat. Hy stel sy plan uit ten einde ʼn hoëprofielprojek te voltooi. Intussen erf hy ’n bosveldplasie by ’n oupa wat hy nooit geken het nie. Terwyl hy sukkel om dié nuus te verwerk dwing ’n insident met die kliënt se vrou hom om die stad inderhaas te verlaat.
Vergesel deur sy geliefde hond gaan skuil hy op die plaas in ’n afgeleë hoek van die Waterberge en spoedig raak hy al hoe vaster verstrik deur ’n sameloop van onverwagse gebeure.
As hy maar net vroeër rigting gekry het! Hoe de hel gaan hy lewend hier uitkom? Sy oupa kon hom netsowel ’n tuimeltreinrit nagelaat het.
Mamba is ’n roman wat jou gaan oorrompel en enduit geboei hou
2 resensies vir Mamba
Janneman –
Pieter se eerste roman was ‘n plesier om te lees. Die storie het ontwikkel op so ‘n manier dat mens nooit lus was om die boek neer te sit nie. Dit was lekker om die beskrywings van die natuur van Adriaanshoop deur Pieter se pen te beleef. Die karakters wat hy geskep het het lewe gekry en ek kon my gou vereenselwig met die hoof karakter. Die spanning het geleidelik opgebou deur die verhaal en mens al dieper ingetrek. Bekommernis, hartstog, hartseer, verligting, liefde en romans is ineengevleg om ‘n uitstekende intrige te skep waarop die skrywer trots kan wees. Dis goed om te weet dat hierdie lekker lees roman alreeds ‘n opvolg in die werke het.
Madeleine –
Mamba is ‘n baie goeie lees, hoogs aanbeveel! Die storie is goed gevleg en gryp die leser se aandag en verbeelding.